2026 Gewone Dagboek ✨📔

Hou jou jaar georganiseerd, kreatief en betekenisvol met ons stylvolle 2026 dagboek. Hierdie dagboek is perfek vir almal wat nie net hul skedule wil beplan nie, maar ook hul doelwitte, dankbaarheid en herinneringe wil vasvang.

Elke dagboek se voorblad word persoonlik gemaak met jou monogram, naam en van. As jy wil, kan jy ook ’n Bybelvers of inspirerende slagspreuk op die voorblad laat aanbring – sodat jou dagboek regtig uniek aan jou is.

Die dagboek kombineer praktiese beplanning met persoonlike groei – en bied genoeg ruimte vir jou idees, notas en kreatiwiteit.

Inhoud van die dagboek:
• Persoonlike inligting & kontakbesonderhede
• 2026 & 2027 kalenders met vakansiedae
• Verjaarsdae van familie, vriende & kollegas
• Jaarbeplanner vir 2026
• Doelwitte vir die jaar & doelwitte in aksie
• Dankbaarheid & “1 Jaar van Dankbaarheid” bladsye
• “Boeke wat ek lees” & 100 boeke wat ek wil lees
• Foto’s deur die jaar
• Vergaderings bygewoon & notas van vergaderings
• Jaaruitdaging
• Gemoed & mates deur die jaar
• Maandelikse beplanner: etes, oefening & aktiwiteite
• My visie-bord & projekte vir 2026
• Spaarbussie & spaaruitdaging
• Finansies & begroting vir 2026
• Aanlyn inkopies
• Aanhalings vir motivering
• Maandelikse oorsig
• Daaglikse beplanning: 1 bladsy per dag
• Naweke: 1 bladsy per naweek

📦 Omkeertyd: 10 – 15 werksdae vanaf betalingsontvangs.
💰 Pryse:
• A4 Gewone Dagboek – R495 elk
• A5 Gewone Dagboek – R355 elk

Hierdie dagboek is meer as net ’n beplanner – dit is jou persoonlike gids vir ’n produktiewe, gebalanseerde en inspirerende 2026.

Naam op voorblad:
Opsioneel: Bybelvers of aanhaling