Onderwyser Plakkers
Vier elke prestasie met ons vrolike en kleurvolle
Onderwyser Plakkers!
Hierdie plakkers is ontwerp om leerders aan te moedig, te motiveer en te beloon. Dit is 'n eenvoudige, maar doeltreffende manier om moeite raak te sien, goeie gedrag te beloon, vordering te vier en selfvertroue in die klaskamer te bou.
Met 'n groot verskeidenheid temas en ontwerpe om van te kies, is hierdie plakkers ideaal vir die nasien van boeke, die beloning van netjiese werk, goeie gedrag, deelname en persoonlike prestasies.
'n Klein plakker kan 'n groot verskil maak en leerders inspireer om elke dag hul beste te gee!
Produkbesonderhede
- Meer as 200 temas beskikbaar
• Bevat 4 x A5-plakkervelle
• Groot verskeidenheid prettige temas en karakters
• Gedruk op premium selfklevende viniel
• Ideaal vir die beloning van goeie werk, moeite, gedrag, deelname en prestasies
• Perfek vir onderwysers, tutors, tuisonderwys en klaskamers
Bring glimlagte na jou leerders en maak elke prestasie ekstra spesiaal met ons kleurvolle
Onderwyser Plakkers.
Sien jy nie die tema waarna jy soek nie?
Stuur vir ons 'n WhatsApp, en ons help jou graag om 'n
unieke, persoonlike plakkerstel spesiaal vir jou te ontwerp.
Pryse
Onderwyser Plakkers–
R70.00 elk